{"id":38,"date":"2022-02-17T12:37:53","date_gmt":"2022-02-17T12:37:53","guid":{"rendered":"https:\/\/sevexity.com\/?p=38"},"modified":"2022-02-17T12:37:53","modified_gmt":"2022-02-17T12:37:53","slug":"waarom-privaatheid-belangrik-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/sevexity.com\/?p=38","title":{"rendered":"Waarom privaatheid belangrik is:"},"content":{"rendered":"\n<p>Waarom is privaatheid belangrik? Daar is verskeie antwoorde op hierdie vraag, maar tot \u2018n groot mate verstaan ons almal die belangrikheid daarvan instinktief; jy kan dit sien aan die gordyne voor ons vensters. In die artikel wil ek oor net een aspek van privaatheid praat en waarom ons dit moet waardeer en verdedig.<\/p>\n\n\n\n<p>Privaatheid is noodsaaklik vir selfverdediging:<\/p>\n\n\n\n<p>Die reg tot privaatheid gaan hand-in-hand met die reg tot selfverdediging. Privaatheid is \u2018n belangrike wapen in die arsenaal van enige individu of organisasie se selfverdediging. Om die punt huis toe te dryf&nbsp; vra jouself die vraag af: wat is een van die belangrikste dinge in enige geveg? Inligting oor jou opponent. Vanaf \u2018n boksgeveg in \u2018n kroeg en rugby op \u2018n Saterdag tot kriminele bendes en volslae oorlog tussen nasies, is deeglike en akkurate inligting oor jou opponente van kardinale belang.<\/p>\n\n\n\n<p>As jy ooit eendag in \u2018n boksgeveg moet opeindig in \u2018n kroeg is dit belangrik om soveel as moontlik te weet van die persoon wat jy gaan aanvat. Dit is byvoorbeeld belangrik om te weet of daardie persoon \u2018n geskiedenis van veg het en wat presies daardie geskiedenis behels. Indien jy uitvind daardie persoon beoefen al vir vyftien jaar Ju-Jitsu en was al in 5 professionele MMA gevegte, is dit dalk beter om vir die man \u2018n bier te koop en jul twis op die \u2018grootmens manier\u2019 te probeer oplos.<\/p>\n\n\n\n<p>In die geval van rugby op Saterdae sal dit my nie verbaas om te hoor dat Rassie Erasmus na massiewe lengtes gaan om soveel as moontlik inligting te kry oor die All Blacks nie. Rassie sal goeie geld betaal net om te weet wat die lynstaan uitroepe van sy opponente die volgende Saterdag gaan wees.<\/p>\n\n\n\n<p>Slegs desperate kriminele doen nie eers deeglik ondersoek van hul beplande slagoffers nie. Geen krimineel \u2013 minstens geen krimineel wat nie reeds in die tronk sit of dood is nie \u2013 sal by \u2018n huis inloop sonder dat hy nie eers sy verkenning gedoen het nie.<\/p>\n\n\n\n<p>In die geval van oorlo\u00eb tussen nasies kan ek nie aan \u2018n beter voorbeeld dink as die Britse oplossing van die Duitse kode sisteem \u2018Enigma\u2019 nie. Alan Turing en sy span het \u2018n massiewe deurbraak gemaak in die Tweede W\u00eareldoorlog toe hulle hierdie kode ontsyfer het en \u2018n skatkis Duitse kommunikasie inligting ontbloot het.<\/p>\n\n\n\n<p>Draai die gevalle om en plaas jouself aan die anderkant en jy kan maklik sien en verstaan hoekom privaatheid belangrik is vir enige vorm van selfverdediging. Privaatheid gee jou die vermo\u00eb om slegs bloot te stel aan die w\u00eareld presies wat jy aan die w\u00eareld wil blootstel. Privaatheid gee jou die mag van \u2018n verdedigbare posisie. Dink net vir jouself hoeveel meer kwesbaar jy is indien iemand elke detail van jou daaglikse roetine \u2013 vanaf waar jy bly, die pad wat jy ry, en selfs waar, hoeveel, en wat jy jou geld op spandeer \u2013 weet? Hierdie is nie moeilike inligting om te bekom nie, ons gee dit reeds als oor aan banke en Google.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons almal het verskillende bedreigingsmodelle. Wat vir my belangrik is om weg te steek, is dalk nie vir jou belangrik nie. Waaroor organisasies moet omgee is anders as die dinge waaroor individue moet omgee, maar almal in hulle pogings tot selfverdediging het minstens bietjie privaatheid nodig.<\/p>\n\n\n\n<p>Privaatheid maak jou staatsbeskut:<\/p>\n\n\n\n<p>In Suid-Afrika veral, word dit al hoe meer belangrik om jouself teen \u2018n onbevoegde en o\u00ebnskynlike kwaadwillige staat te beskerm. Dit kan strek van alles tot jou eie individu, jou besigheid, of jou hele gemeenskap.<\/p>\n\n\n\n<p>Daar word baie goeie werk gedoen in Suid-Afrika op hierdie gebied, juis omdat dit so nodig geword het in ons land \u2013 in hierdie opsig is Suid-Afrika myle voor ontwikkelde lande soos Amerika en Europa. Maar van al die werk wat ek al gesien, gehoor, of gelees het, blyk dit dat daar heeltemal te min aandag gegee word aan privaatheid as \u2018n middel van verdediging.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is my opinie dat al die planne vir staatsbeskut word gaan platval indien privaatheid nie \u2018n ernstige oorweging word nie. Tot \u2018n groot mate was die gesprek oor privaatheid nog nie nodig nie, want die omstandighede in Suid-Afrika is nog nie vyandig genoeg om dit te noodsaaklik nie, maar soos enige vorm van verdediging moet die vermo\u00eb reeds in plek wees lank voor dit nodig raak. En dit is na\u00efef om te glo dat dinge in Suid-Afrika nie meer vyandig kan raak in die toekoms nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Afriforum en Solidariteit as voorbeeld:<\/p>\n\n\n\n<p>Kom ons vat die organisasies Afriforum en Solidariteit as voorbeelde. Dit is twee organisasies wat tot \u2018n grootmate vyandig teenoor die ANC optree. Hulle sal dit natuurlik ontken en s\u00ea dat hulle saam die staat probeer werk \u2013 en tegnies is dit dalk waar \u2013 maar \u2018n desperate ANC gaan dit ongelukkig nie so sien nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Kom ons s\u00ea dat Cyril Ramaphosa nie dit regkry om die ANC en ons land om te draai nie en regeer ons land verder die afgrond af (moeilik om te glo ek weet!); waarom sal \u2018n desperate ANC, wat besig is om krag te verloor, nie meer en meer vyandig begin op tree teen organisasies soos Afriforum en Solidariteit nie \u2013 twee organisasies wat op die ergste doelbewus probeer om meer krag van hulle af te ontneem, of minstens hulle nog slegter laat lyk as wat hulle klaar doen?<\/p>\n\n\n\n<p>As ek Solidariteit of Afriforum was, sou ek op die aanname werk dat ek in die toekoms as organisasie verban gaan word. Die ANC is immers voorheen self verban. Wat kan ek doen om myself teen hierdie verbanning te beskut?<\/p>\n\n\n\n<p>Die Staat se \u2018knyppunte\u2019:<\/p>\n\n\n\n<p>Ons almal weet deur persoonlike ervaring dat om iets te verban dit nie noodwendig stop nie. Elke persoon wat al \u2018n fliek van die internet afgelaai het, dagga gerook het, of selfs die van ons wat tydens die grendelstaat net \u2018n sigaret wou rook en \u2018n brandewyn wou drink, verstaan dat om iets te verban dit nie noodwendig stop nie. Dit was dalk \u2018n bietjie duurder, maar waar daar \u2018n wil is, is daar \u2018n weg.<\/p>\n\n\n\n<p>Die les wat ons uit die grendelstaat moes neem is om raak te sien dat die staat sekere \u2018knyppunte\u2019 het waardeur hulle hulle re\u00ebls kan afforseer. Daardie \u2018knyppunte\u2019 is gewoonlik in die vorm van groot besigheid.<\/p>\n\n\n\n<p>Die staat het, en sal nooit, die vermo\u00eb h\u00ea om hulle mag deur blote mannekrag soos die polisie op individue af te forseer nie. Dit is \u2018n logistieke en finansi\u00eble onmoontlikheid; hulle het eenvoudig nie die nommers of die geld nie. Daarom mik hulle vir \u2018knyppunte\u2019 wat hulle kan gebruik om individue te teiken. En dit is gewoonlik in die vorm van groot besigheid.<\/p>\n\n\n\n<p>In die grendelstaat (spesifiek vir drank en sigarette) was hierdie groot besighede \u2013 besighede soos British American Tobaco, SAB, en groothandelaars soos Spar en Shoprite \u2013 &nbsp;geteiken om die staat se belaglike wette af te forseer. Groot besighede het geen keuse gehad behalwe om te voldoen aan die wette nie, want sonder toestemming kan hulle nie besigheid doen in die land nie. Dit is waar vir kleiner besighede ook, maar hulle nommers maak dit moeiliker om die wet af te forseer (Ek het byvoorbeeld my sigarette by \u2018n kleinhandelaar naby my huis gaan koop).<\/p>\n\n\n\n<p>Die punt kan verder huis toe gedryf word deur uit te wys na die leser hoeveel makliker en goedkoper dit was om wyn te bekom as om bier te kry. Waarom? Want daar is aansienlik meer individuele wyn produsente (duisende) teenoor bier produsente (effektiewelik net een). Self Craft bier was goedkoper as bier deur SAB geproduseer a.g.v. hierdie eenvoudige beginsel van desentralisasie.<\/p>\n\n\n\n<p>Solidariteit en Afriforum se probleem:<\/p>\n\n\n\n<p>Om terug te kom na Afriforum en Solidariteit. Hulle probleem is dat hul uiters kwesbaar is vir die regering se \u2018knyppunte.\u2019<\/p>\n\n\n\n<p>Daar is verskeie knyppunte, maar die hoof een waarop ek wil fokus is, is geld. Afriforum en Solidariteit is afhanklik van donasies deur hulle lede om hulle funksies ten volle uit te voer. Hulle het ook planne wat hul wil uitvoer wat geld benodig. In kort, om Afriforum en Solidariteit af te sluit van die finansi\u00eble sisteem, sal hulle so kniehalter dat hulle binnekort geen funksies sal kan verrig nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek gaan \u2018n raai vat en s\u00ea dat meer as 90% van die twee organisasies se finansi\u00eble transaksies elektronies deur banke gedoen word. Niemand gebruik meer kontant nie (die ANC was baie gelukkig in die opsig dat in die 60\u2019s 70\u2019s was alle transaksies nog in kontant gewees). Hoeveel banke is daar in Suid-Afrika en hoe maklik sal dit wees vir die regering om die banke te forseer om hul dienste aan Afriforum en Solidariteit se dienste af te sluit? Min en maklik. Moenie dink Capitec gaan teen die regering opstaan omdat hulle HUB Afrikaans praat nie (en in Grey was nie). Capitec het internasionale aandeelhouers en hulle kli\u00ebnte basis is hoofsaaklik nie-Afrikaans.<\/p>\n\n\n\n<p>Skielik sit Afriforum en Solidariteit sonder geld en met \u2018n infrastuktuur gebou vir elektroniese finansi\u00eble dienste. Hulle gaan donasies in kontant moet ontvang en salarisse en dienste in kontant moet betaal.<\/p>\n\n\n\n<p>(Private gebruik van) Bitcoin as \u2018n oplossing:<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is eerstens belangrik om te verstaan dat jou bitcoin in jou Luno beursie presies dieselfde is as Rande in enige bank. Luno is dalk nog nie gereguleer soos banke nie, maar dis weereens absoluut na\u00efef om te dink dat sulke regulasies nie op pad is nie. Luno \u2013 en enige soortgelyke instansies \u2013 is soortgelyke \u2018knyppunte\u2019 as banke. Hulle het internasionale aandeelhouers en kli\u00ebnte en sodra die regering die re\u00ebls vir hulle neerl\u00ea sal hulle geen keuse h\u00ea behalwe om die re\u00ebls te volg nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Bitcoin kan slegs \u2018n oplossing wees indien dit in jou eie beheer is EN indien dit op private maniere gebruik word. Omdat die blockchain \u2018n publieke grootboek is, kan alle bitcoin maklik gevolg word soos dit tussen partye vloei. Indien jy bitcoin op Luno koop waar jy al jou inligting vir hulle moes gee, kan daardie bitcoin gekenmerk word en kan dit in die toekoms geteiken word vir sensorskap.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2018n Voorbeeld van dit sal wees indien ek bitcoin koop op Luno en al my inligting gee, dit dan oorbetaal aan Afriforum as \u2018n donasie in \u2018n adres wat reeds deur die regering gekenmerk is as \u2018n voormalige adres van Afriforum (hierdie is nie moeilik om te doen nie). In daardie geval kan ek in die moeilikheid kom vir my donasie, en die bitcoin in Afriforum se besit is bevuil met hulle en my identiteit en kan dan deur die regering gevolg word na enige volgende party aan wie Afriforum \u2018n betaling wil maak. Bitcoin op die verkeerde manier gebruik is \u2018n massiewe gevaar vir enige individue of instansies wat hulleself staatsbeskut wil maak.<\/p>\n\n\n\n<p>Maar indien bitcoin op die regte manier gebruik word, is dit die beste oplossing vir finansi\u00eble selfverdediging. Op die regte manier gebruik is bitcoin sonder enige \u2018knyppunte\u2019 wat die regering kan gebruik en word die regering geforseer om mannekrag te gebruik waarvoor hulle te onbevoegd en te arm is. Op die regte manier gebruik, is bitcoin gedesentraliseer soos om flieks van die internet af te laai.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir die doel van hierdie artikel is die maniere hoe om bitcoin meer privaat te gebruik vir eers onnodig. Ek sal in die toekoms meer daaroor skryf, maar dit is vir nou net belangrik om die punt oor te bring dat bitcoin noodsaaklik sal wees in die toekoms vir organisasies soos Afriforum en Solidairteit en hul lede wat hulself staatsbeskut wil maak.<\/p>\n\n\n\n<p>Bitcoin kan of \u2018n lokval wees of jou sterkste wapen, afhangend van hoe jy dit gebruik. Dit is my opinie dat organisasies soos Afriforum en Solidariteit vandag moet begin met hulle planne om bitcoin aan te neem as \u2018n wapen in hul stryd tot staatsbeskutting.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Waarom is privaatheid belangrik? Daar is verskeie antwoorde op hierdie vraag, maar tot \u2018n groot mate verstaan ons almal die belangrikheid daarvan instinktief; jy kan dit sien aan die gordyne voor ons vensters. In die artikel wil ek oor net een aspek van privaatheid praat en waarom ons dit moet waardeer en verdedig. Privaatheid is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_coblocks_attr":"","_coblocks_dimensions":"","_coblocks_responsive_height":"","_coblocks_accordion_ie_support":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-38","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/sevexity.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/sevexity.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/sevexity.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/sevexity.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/sevexity.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/sevexity.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":39,"href":"https:\/\/sevexity.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38\/revisions\/39"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/sevexity.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/sevexity.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/sevexity.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}